Free Web space and hosting from writernetwork.com
Search the Web

Poetry II

My Hobby Page. Photos Photos 2 Photos 3 Photos 4 Photos 5 Poetry Poetry II Stories I Stories II Stories III Drawings

Afrikaans Poems.

Die Seilskip

Die Seilskip.  

Die seilskip seil op die oop oseaan,

Dit seil oor die stille see van die maan,

Dit seil deur die hemel se wentelbaan,

Dit seil op die hartseer van n traan,

 

Die seilskip seil op die oop oseaan…

  

JP Brown - 03/06/2007.

 

 

Lied van Rintra.

 Lied van Rintra.

 

Jy roep my

Jy vra ‘wat is vrees?’

Jy vergaan in gemak

Die mens verklaar homself koning

Maar wag, Ek kom,

Die dagbreek staan nader

Die uurglas loop leeg,

Maar dit gaan ongemerk

Tog die tekens van die tyd trek die donderwolke nader

In n oogblink sal ek op jou wees

Soos n bliksemstraal, kort voor die Donder

En sal dan die vrees van die heilige Hel in jou vestig

Omring deur die leerskare van my woede

En jou gees sal vergaan in ewige vrees

Ek is Rintra,

Ek bulder en brul

En nasies vergaan.

Ek is Rintra,

Die een wat die mensdom verorber.

 

 

Westerse Dromer

Westerse Dromer. 

Westerse Dromer,

Westerse somer,

Luister;

Die wind fluister in die bome…

 

Hoop is n anker in n onstuimige see,

Wat jou vashou, en nooit meegee.

 

Geloof is die wapen van die hart,

Dit dra ons deur alle smart.

 

Die liefde is n lig wat immer skyn,

Wat nimmer sterf, wat nimmer kwyn.

 

Westerse Dromer,

Westerse somer,

Luister;

Die toekoms fluister in jou drome…

  

JP Brown – 03/06/2007.

 

 

Onweer

  1. Onweer

die donder brul, die donder brul

die smart onthul

van liefde gekul

(in haat vervul)

die duisternis roep, die duisternis roep

alleen op die stoep

die maan se gloed

in donker bloed

die nag is swart, die nag is swart

diep in sy hart

verlore smart

(en eensaamheid tart)

 

Haat Straat Monoloog

Haat Straat Monoloog. 

Vroumens wees dan weg,

Jy’t jou te lank aan my geheg.

 

Wens jy nie, dat jy kon huil,

Wens jy nie, jy kon jou boek be-vuil?

 

Ek soen die vloer, een skop nie meer,

Die vark en slang het my laat loop,

 

Refrein: Die vark en slang het my laat loop,

Die vark en slang het my laat loop,

Die vark en slang het my laat loop…

  

(Verkorte vertaling van ‘Hate Street Dialogue’ deur Rodriguez.)

 

25/05/2007.

 

 

Kom Dans

Kom Dans… Jy’s hoogs ontvrede,En wat is die rede?Die toekoms, die hede,Die verre verlede… Kom dans, kom dans,Kom dans saam met my,Kom dans saam met my, en dan is ons vry… Wat is die rede,Vir oorlog en vrede?Die toekoms, die hede,Die verre verlede… Kom dans, kom dans,Kom dans saam met my,Kom dans saam met my, en dan is ons vry…  JP Brown – 07/07/2007.