Stories III
Die Seilskip.
Die Seilskip.
Die seilskip vaar oor die oop oseaan. ñ Honderd-duisend see-myl lê voor haar.
Die wind vul die seile, en span hulle styf. Dit dryf die skip voort oor die diep blou water. Die toue span styf saammet die seile, en die hout van die maste kraak liggies.
Die skerp geur van sout-wind hang in die lug. Die seilskip wieg in die duinings en branders, terwyl sy voort seil. Haar boeg sny deur die water. Sy vaar voort na haar vêrre besteming.
Sy aarsel nooit, en wyk nimmer af van haar koers. Haar seile span styf, en dryf haar steeds voort oor die dreunende see. See-voëls sirkel in die verte, en ñ paar verdwaalde wolkies dryf rustig bo in die blou lug.
Die seilskip vaar oor die oop oseaan. ñ Honderd-duisend see-myl lê voor haar...
Einde.
Kopiereg – JP Brown – 12/10/2007.
Die Windpomp.
Die Windpomp.
Die windpomp staan in die oop veldt langs n klein zink dam. As die wind waai, soos dit nou maak, pomp die windpomp die dammetjie vol water. Helder, skoon en vars water diep uit die grond.
Die windpomp se ronde kop draai en draai in die wind. Die lemme skep die wind, en draai die kop al in die rondte. Al in die rondte, al in die rondte, draai die windpomp heel dag lank. Dan draai die kop effens die kant toe, en dan draai dit ñ bietjie daardie kant toe, na gelang van die rigting waaruit die wind waai.
ñ Piet-my-vrou gee sy bekende roep vanuit ñ bos bome in die vêrte. Die son skyn geel en helder bo in die fyn-blou lug. ñ Paar verstrooide wolkies dryf ydel rond in uitspansel, en skuif stadig verby met die lugtrome. Die dag is warm en droog.
Die wind streel die lang geel gras, en die veldt wieg en swyg in die ritme van die natuur. Son-beesies en insekte suis in die gras, en die veldt pols met lewe van hulle geraas. ñ Paar helder geel skoenlappers vladder vreedsaam verby, oppad na hulle onbekende bestemming. Hulle sweef en dryf bo die lang gras, en vlieg dan weg die vêrte in.
Die veldt lewe met wesens en elemente van die natuur. En steeds draai die getroue ou windpomp sy kop na die wind, en doen sy werk. Die windpomp se ronde kop draai en draai in die wind. Die lemme skep die wind, en draai die kop al in die rondte.
Al in die rondte, al in die rondte, draai die windpomp heel dag lank...
Einde.

