Free Web space and hosting from writernetwork.com
Search the Web

Stories II

My Hobby Page. Photos Photos 2 Photos 3 Photos 4 Photos 5 Poetry Poetry II Stories I Stories II Stories III Drawings

Niks Nuuts Onder Die Son.

Niks Nuuts Onder Die Son.

 I. 

Hy was n primatiewe primaat invergelyking met die moderne mens, maar amper soos n mens in baie aspekte. Sy mense het die kuns van baie eenvoudige gereedskap, toerusting en wapens bemeester. Hulle het selfs vroee kommunikasie deur middel van spraak gehad. Maar die lewe was hard aan die begin, en die grootste gevaar was natuurlik roofdiere. Op hierdie dag het Oe-ra gesit en visvang onder by die rivier met n skerp gemaakte stok, toe hy skielik n helder lig teen sonsondergang gewaar.

Dit het geflits deur die hemele, met n geweldige dreuning wat daarmee gepaard gegaan het. Na  n kort tyd het dit verdwyn duskant die heuwels en die digte bosse, en die dreuning het stil geraak. Oe-ra het sy dag se vangs in sy gevlegte mandtjie opgetel, en teruggekeer na die groep se omheindende kamp. Toe hy daar arriveer, find hy uit dat sy vroulikke metgesel verdwyn het vanuit die kamp, omstreeks die tyd wat die ‘geraas-en-lig’ bo-oor die kamp beweeg het.

 Met groot bekommernis het Oe-ra, en n ander jong man wie se metgesel ook verdwyn het, in die donker nag die oerwoud in gevaar, op soek na hulle vrouens. Dit was n gevaarlikke onderneming in hierdie wreede oer-tyd. Hulle kon gedood word deur n hele aantal wilde diere; giftigge slange, skerpioene, groot katte en groot wilde honde. Tog het Oe-ra se liefde vir sy maat hom aangedryf, en so ook sy vriend vir sy geliefde. Dagbreek het gekom sonder dat hulle enige sukses behaal het daarin om die twee jong wyfies op te spoor. Bitter teleurgesteld het hulle teruggekeer na die kamp.

Toe hulle in die middel van die oggend tuis arriveer, was hulle uit hulle velle uit verheug om hulle twee wyfies veilig in die kamp te vind. Dit wou voorkom asof hulle weggevoer is deur die veskynsel van gister, maar nie een van die twee wyfies kon verder onthou wat met hulle gebeur het nie. Oe-ra was nie te bekommerd hieroor nie, hy was net bly dat sy vroulikke maat veilig terug in die kamp was. Hy was self meer verheug toe hy kort daarna uitvind dat sy swanger is. Hy het dit alhoewel n bietjie vreemd gevind dat sy vriend se metgessel ook op die selfde tyd swanger geraak het. Maar hy het dit net aanvaar as n toeval, en aangehou met sy pligte as kos-versamellaar van die groep. 

Die twee kinders wat die twee vroue gebaar het, was ver verhewe in verstand en gestalte, bo hulle maats. Hulle was baie meer intelligent as die ander kinders in die groep, en het leierskap rolle begin vertolk in hulle vroee jare. Met die verloop van tyd het die stam gegroei, en het die sterkste groep in die omgewing geword, toe die twee jong mans self kon voort teel. Al hulle na-stammelinge was ver superior teenoor hulle voor-ouers, beide fisies en verstandelik.

Oe-ra was nou oud en naby aan sy tyd van afsterwe. Hy het vir oulaas oor sy wonderlikke kinders en klein-kinders gekyk, en gewonder met sy primtiewe gedagtes, hoe hulle die wereld sou verander. En hulle het die wereld inderdaad verander. Hulle afstammelinge het die wereld bewoon, en hulle getalle het vermeeder, en hulle het groot vooruitgang gemaak. Hulle het groot dorpe gebou, wat later magtige stede geword het. Hulle het groot militere magte gestig, en oorlog op mekaar gemaak. Hulle het paaie, damme en groot monumente gestig.

Hulle het gestreef vir n hoer besef van die wereld waarin hulle woon, maar terselftertyd het hulle oorlog op mekaar gemaak, en die een het die ander se kinders gedood. En so het die tyd verloop. Hulle het dinge verstaan wat die vroee mens nie kon nie, en hulle het dit toegepas op hulle gunstelling tydverdryf; oorlog. Hulle het mekaar bestook met baie bomme, totdat dit slegs nodig was om n paar te gebruik. En dit was waar dit sou eindig.

  II. 

Sam die chimpansee was by sy pos, by die draad van die hok, toe dit begin. Hy het gewoon, saammet n paar ander Chimps, by n dieretuin naby die stad. Hierdie stad was een van die min rondom die wereld, wat nie vernietig is geduurende die atoom-oorlog nie.

Die bomme het geval vir die laaste maal op daardie dag, toe die mensdom homself op sy knee dwing. Dit is hoe die einde begin het; met n bang. Maar die mensdom se einde was n oneerwaardige tjank van ondergang. Siekte en plaag het gevolg en versprei na die verskriklikke bomme. En die mensdom het gesneuwel voor die aanslag. 

Sam was onseker oor wat presies aangaan, maar hy en die ander kon aanvoel dat daar groot fout is. Hulle kos het begin opraak, en daar was nie meer voer-tye nie. Een aand het n groep mans opsoek na kos die dieretuin binnegegaan. Hulle het die chimpansee hok opgebreek, en een ongelukkige chimp vasgekeer. Die res van die trop het ontsnap en weggekom, insluitende Sam, en hulle het in die naby gelee bosse in gevlug.

Hierdie klein groep het maklik oorleef in die nuwe wildernis, wat nou verlate was van die meeste ander diere. Die mensdom het vinnig uitgesterf. Die plaag het hulle getalle verminder, en hulle finaal uitgewis. En toe was ons heeltemal weg, en ons los die wereld vir wesens soos Sam om te be-erwe. En die sagmoediges het die wereld be-erwe.

 Die wereld het n wonderlikke plek geword vir Sam en sy trop. Daar was nie veel gevare nie, en kos was vollop. Nou en dan het n klein interne struweling plaasgevind, maar dit was byna nooit iets ernstig nie. Hulle het nageslagte voortgebring vir oneindige miljoene jare. Die wereld was weer n paradys, en nie n spoor van die mensdom het agtergebly nie.

 Die afstamelinge van Sam se trop was die heersers van hierdie wereld, aangesien hulle die hoogste vorm van intelligensie was. Maar nuwe roofdiere het ook saammet hulle ontwikkel, en dan was daar ook nog altyd die giftige klein insekte wat hulle bestaan bedreig het. Maar ten spyte hiervan, het die primate flureer en voortgeplant. 

Hulle het meer oorent en reg-op begin loop, en hulle brein kapasitiet het ook mettertyd verhoog. Hulle het met klanke en gebare begin kommunikeer, en ook eenvoudige gereedskap begin vervaardig. Hulle was omring deur die groen van die oerwoud, soos wat hulle lewens stelselmatig n groter betekenis aangeneem het. Tussen al die troppe was daar n klein trop in die middel van die bos. In daardie trop was daar n jong man met die naam van Ba-ga. 

III. 

Ba-ga was n uitmuntende voorbeeld van sy spesie. Hy was lenig, en soepel en sterk. Sy werk, tesame met die ander jong mans van die groep, was om kos te versamel. Hulle was nie meer streng vigatarieers soos hulle voor-sate nie, maar het ook nou vleis met hulle dieet gemeng. Hy het gepaar met n jong wyfie in die groep, tot wie hy angetrokke was. 

 Een dag was hy besig om n klein bosvark te jag, toe hy gaan rus teen n boom. Dit was laat-middag, en terwyl hy rus, kyk hy na die sonsondergang in die weste. Hy het homself afgestof, en was net op die punt om terug te keer kamp toe, toe hy n vlieende, ronde skyf deur die lug sien trek. Saam met die skyf was daar n skerp lig, en n groot dreuning. Ba-ga het bereken dat dit iewers naby die kamp te lande gekom het.  Hy het terug gehaas om dit met die ander te gaan deel. Hulle het dit sekerlik ook gesien.

Hy was in skok toe hy daar kom en uitvind dat sy metgessel, saammet twee ander wyfies, verdwyn het tydens die ophef. Hy en n ander jong man is gekies om vir die vermiste wyfies te gaan soek. Die aand was lank en donker, en vol verskuilde vyande en gevare. Maar hulle het aanhou soek tot vroeg die volgende dag, en toe terug kamp toe gekeer vir verdere instruksies.

Toe hulle daar aankom, was hulle verbaas en verheug om te hoor dat al die wyfies veilig teruggekeer het, maar niks van hulle ervaaring kon onthou nie. Ba-ga was so verheug, dat hy kort daarna met een van die ander wyfies ook gepaar het. 

Al drie die vroue wat verdwyn het, was kort daarna swanger. Die kinders van die vroue was aantreklik, en intelligent, bo enige iets wat die trop voorheen geken het. Hulle het groot leiers geword, en hulle kinders het die wereld begin oorheers. Iewers het n ruimtetuig teruggekeer na n ver afgelee sonnestelsel, terwyl Ba-ga na Orion gekyk het, besig met sy eie gedagtes. 

Hy was nou oud en naby aan sterwe, maar sy gedagtes was steeds helder. Sy gedagtes was die selfde as een wat lank voor hom gelewe het, ontelbare eeue. En hy besef toe dat dit alles net so moes gebeur het lank gelede. Dat alles wat is, was reeds gewees, en sal weer so wees. 

Daar is niks nuuts onder die son…  

Die Einde

  JP Brown – 12/08/2007. 

Die Visserman

Die Visserman. 

Die man sit langs die dam en hou sy visstokke dop. Die lug is hemels-blou en wyd uitgestrek bo hom. Hier en daar is daar spikkels van wit wolke. Hulle dryf rustig rond, en lyk sag soos wit lams vlies. Die son skyn heerlik en warm; n vlamende goue munt in die lug. Die man sit rustig op sy kampstoel, en ontspan langs die viswater. Die aas en lyne van sy stokke het hy lank reeds in die water gelaat. Nou sit hy net stil en wag, en hou die blink dobbertjies fyn dop vir enige teken van n vis wat dalk mag byt.

Die windtjie ristsel die lang gras en riete. Dit bring vir die visserman n bietjie lafenis en koelte van die hitte. Hy sit skuins onder die skadu van n doringboom, en geniet die stilte en kalmte van die water en die natuur. Hy drink n bietjie ‘Coke’ uit n lang plastiek glas wat langs sy stoel staan. Terselftertyd rook hy n cigaret, en hou sy gedagtes besig met die ontspanning wat die dam hom bied.

 n Groep kol-ganse baljaar in die water naby hom. Hulle duik en skarrel onder mekaar in die water, en dit wil vir hom voorkom asof hulle eerder speel, as om besig te wees om vir kos te soek. Hulle vaar nader aan die wal met hulle swart, ronde lywe, en klim dan uit die water om rond te stap en kos te soek op die oewer. Pik-pik gaan hulle hul gang, en die visserman spits op sy beurt weer sy aandag op sy visstokke en dobbertjies.

 Daar is baie voel-lewe in die omgewing, en kort-kort vlieg daar van hulle deur die lug. By tye gaan stryk een op n takie hoog in n boom neer, sit n rukkie en bekyk die wereld van daar bo, en vlieg dan weer vinnig weg. Insekte is ook vol-op in die veld, in hulle maak n skaars hoorbare suising in die lang gras, en tussen die bome. n Paar kleurvolle skoenlappers vladder verby.

 En dit is waarvoor die visserman eintlk hier is; vir die natuur. Die visvang is net n by-saak, en n goeie voorskoning om hierheen te kom. Weg van almal en alles. Dit is die lewe. Die rustigheid, die stilte, en die natuur. Die visserman is een met dit alles. Hy sit rustig op sy stoel en ontspan. Dit is die lewe. Die ure loop ongemerk verby, soos hy daar sit en visvang.

Die son sak stadig en bloedrooi in die weste. En steeds sit die visserman en wag en hou sy stokke dop. Die windjie is koel en skraal. Dit ritsel die blare in die hoe bome, terwyl die aand aanbreek. Die visserman bly op sy pos, en hou aan met sy visvangs. 

Daar is n lang aand van sit langs die damwater, wat op hom wag...  

Die Einde.  

Kopiereg – JP Brown – 17/08/2007.

Die See.

Die See.

 Die see. Onstuimig en donker blou. n Duisend reuse rollende branders. Die mag van die oseaan. Wyd uitgestrek, eindeloos in alle rigtings. Die waters skommel en wieg. Die see het n lewe van sy eie. n Skerp sout-reuk hang in die lug.

 Die hemele is donker van swaar, grys wolke. Die wind waai sterk, en skuif die donker wolke oor die verhoog van die uitspansel. Op die strand rol die laaste lyn van branders uit, en breek hard op die wit sand en gruis. Die branders breek eindeloos op die strand, en elkeen is uniek, nie een van hulle is ooit eenders nie. Van al die ontelbare miljoene branders wat breek, is nie een dieselfde nie.

 En steeds dreun en suis die oseaan voort; oneindiglik. Die sout-wind waai, die wolke rol hoog bo verby, en die see leef voort. Ver op die horison vaar n vragskip baie stadig verby, en hy is slegs n spikkel vanaf die strand. Rook trek op in n pluim vanuit sy skoorsteen, en hy vaar voort na sy besteming.

 Enkelinge en paartjies loop stadig oor die sand, en geniet die strand-lewe en die see. Dit is n arm, maar rustige bestaan vir meeste van hulle hier by die kus. See-voels tuimel hoog bo in die lug, opsoek na kos op die strand en tussen die branders. n See-meeu skree lank en eensaam in sy vlug. Die voels sirkel.

Die wind waai. Die branders breek, en die see dreun voort...

Die Einde.

Kopiereg - JP Brown – 25/08/2007.