Free Web space and hosting from writernetwork.com
Search the Web

Stories I

My Hobby Page. Photos Photos 2 Photos 3 Photos 4 Photos 5 Poetry Poetry II Stories I Stories II Stories III Drawings

More sample stories.

Fris Chris en die Akkedis.

Fris Chris en die Akkedis.

I.

Sersant Fris Chris is die enigste blanke polisieman wat regstellende aksie vrygespring het in die polisie stasie op die klein dorp van ‘Gatkant’ in Noord Natal.

Hy sit en tel daggapitte wat hulle gister gekonfiskeer het by n kleuter by die plaaslikke kleuterskool, maar elke keer as hy by twee kom dan raak hy deur mekaar, en moet oor begin. “n Eeen, n Tweee...wat kom na twee? Wag, laat ek maar weer voor begin, eeen...”

Skielik bars Superintindent Laduma Rakazuma Vakabuma Dakaruma Lakaguma Wakatuma Zakavuma (Laduma vir kort), by die deur in en skree; “Fris Chris, hier’s moeilikheid! n Krokkedil het by die krokkedilplaas onstnap, en het al vyftag Tamboeties opgevreet daar onder by Tamboetie Kloof! Jy moet hom gaan vang! Nou dadelik!”

Sersant Fris Chris strap sy nine-mil vas, en gryp sy shotgun, dan spring hy in die polisie stasie se enigste bakkie (met n kwart tenk petrol) en jaag weg, opsoek na die wreede krokkedil. Sersant Fris Chris op die case. Waar moet hy begin soek, wonder hy. Hy weet! Sy eie agterplaas. Hy het mos n visdammetjie in sy agterplaas, en krokkedille hou van water. Hy moet sy eie visdammetjie gaan dophou, die krokkedil sal wel sy verskyning maak. Dan is hy sommer naby aan sy eie kombuis en yskas.

Lang ure sit en Fris Chris met n bier in die een hand, en verkykers in die ander hand, en hou die visdammetjie dop.

II.

Skielik sien hy iets op die tuin muur, n akkedis. Dit is baie agterdogwekkend, dink hy by homself. Toe besef hy wat aangaan; dit is geen akkedis nie, dit is die krokkedil, gekamofleer soos n akkedis. Binnekort sal Fris Chris hom vastrek.

Fris Chris bekruip die akkedis met n net, maar nes hy hom wou vang hardloop die akkedis rats weg en verdwyn n n skeurtjie in die muur. “Dis mis Fris Chris!”, skree die akkedis.

Die aand bel Laduma vir Fris Chris en vra hom of hy vordering maak met die saak. Ja, se Fris Chris, hy het n verdagte – more sal hy hom vastrek.

Die volgende dag skuil Fris Chris agter n bossie in die tuin met sy pomp-aksie haelgeweer, en wag vir die akkedis om sy verskyning te maak. n Paar uur later kom die akkedis uit en bak in die son op die muur. Skielik spring Fris Chris agter die bos uit met sy healgeweer en skree vir die akkedis, “Staan stil of ek blaas jou der ewigheid in!”

Die akkedis kyk na die healgeweer, dan na Fris Chris, en toe weer terug na die healgeweer, “Beslis, Fris Chris,” se die akkedis.

“Erken jy is die krokkedil, gekamofleer as n akkedis!” se Fris Chris.

“Onbetwis, Fris Chris,” se die akkedis.

“Gaan jy jouself oorgee en n erkening teken?” vra Fris Chris.

“Gewis, Fris Chris,” se die akkedis.

Fris Chris tel die akkedis by die nek op en sit hom in n voelhokkie. Dan jaag hy terug polisie stasie toe met die verdagte. Daar aangekom, vat hy hom in die aanklag kantoor in en trek n erkening van skuld op. Dit lees soos volg; ‘Ek erken ek is n wreede mensvreetende krokkedil, gekamofleer as n akkedis. Geteken:______’

Fris Chris vat die erkening van skuld na die akkedis in die voelhok, en se; “Teken.”

“Wat gebeur as ek weier om te teken?” vra die akkedis.

“Dan maak ek n handsak van jou,” se Fris Chris, “Gaan jy nou teken?”

“Beslis, Fris Chris,” se die akkedis, en teken die skuld erkening. Hy teken dit; ‘Die Akkedis’

“Is dit jou naam?” vra Fris Chris.

“Gewis, Fris Chris,” se die akkedis.

“Nou o.k., wag net n bietjie hier ek gaan die Sup roep,” se Fris Chris en stap tevrede uit die kantoor.

Hy is baie tevrede met homself oor die knap werk wat hy verrig het. Hy sal sekerlik bevordering hiervoor kry, al is hy die verkeerde velkleur. Hy kan nie wag om vir Laduma die nuus te vertel nie.

III.

 n Paar minute later stap Fris Chris en Laduma in die aanklag kantoor in, maar hulle sien albei dadelik dat die voelhok leeg is. Onder in die voelhok le daar n klein briefie. Hulle maak dit oop en lees.

Daar staan geskryf in klein druk; “Bye-bye Fris Chis. Geteken: Die Krokkedil.”

Die Einde.

Kopiereg - JP Brown – 09/10/2006.     

Meneer Rufferty

Meneer Rufferty. Meneer Rufferty lê in die bed en vryf sy bles kop. Hy wonder wat die dag sal bring. Dan klim hy uit die bed en stap af na die kombuis vir sy oggend ete. Hy sit by die klein tafel en eet ñ bord Post-Toasties met melk en suiker. Daarna gaan hy uit op die voorstoep, waar hy ñ koppie koffie drink, an ñ sigaret rook. Middeljarig, dink hy by homself, vokken middeljarig. Dan dink hy aan die oorlog in Irak, en die probleme tuis. Kak, dink hy, alles ñ klomp kak. Die wêreld is in anargie en choas. Waansin. Krank-sinnigheid... Meneer Rufferty maak homself gelukkig met sy ongelukkige gedagtegang, terwyl hy op die stoep sit en sy koffie drink, en sy sigaret rook. Dan maak hy sy planne vir die dag. Dit behels nie veel nie. Hy moet die kompos by Klaas gaan aflewer met die bakkie. Dis al. Ñ Mens moet ñ lewe maak op die een of ander manier, of hoe?  Dan skakel hy die draadloos aan, en luister na die oggend nuus. Hy vloek deurgans en gee negatiewe kommentaar terwyl hy daarna luister. “Alles ñ klomp kak, waansin, krank-sinnigheid...” brom hy vir homself. Hy steek nog ñ sigaret aan en begin dit te rook. Na sy vroeë oggend roetine, stap meneer Rufferty uit na sy ou, rooi Ford bakkie. Hy klim in en skakel die enjin aan. Die kompos is reeds gelaai. Op die derde draai van die sleutel vat die enjin uiteindelik, en meneer Rufferty ry uit die erf. Hy ry rustig in die straat af en fluit ñ vrolike deuntjie vir homself terwyl hy kyk na die ander huise in die buurt...  Die Einde.    JP Brown – 01/12/2007.