Free Web space and hosting from writernetwork.com
Search the Web

Poetry

My Hobby Page. Photos Photos 2 Photos 3 Photos 4 Photos 5 Poetry Poetry II Stories I Stories II Stories III Drawings

My Poems.

A few of my Afrikaans poems.

Sonsopkoms.

 Sonsopkoms.

 

Waar die branders breek

Op die sagte sand

Staan ek en tuur

Duskant die horison

 

Waar die bol vlam rys

In bloedrooi glorie

Wen hy sy stryd

Met duisternis

 

Waar die seemeeu skreeu

En sweef op die vars wind

Proe ek die lewe

En weet so wie

Ek is

 

Altyd.

  1. Altyd

 

Die wind in jou hare

Die son in jou oë

Die vuur in jou are

Die liefde van bo

 

Die krag van n reus

Geknak deur drie woorde

Die onskuld van jeug

Geknak voor die poorte

 

Die ys in my are

Die vuur in my oë

Die liefde van jou

 Wat my weer laat glo.

 

Die Geheim.

DIE GEHEIM

Die een vertel die ander

van iets wat hom verander

Getroue ou vriend, nou sal jy sien

My jeugdige wanderlus

En my geheim een van veel pyn

deel ek net met jou

So sal die seer miskien verdwyn

Omdat ek jou vertrou

Wanneer die las verlig word

kom ons agter daar is iets kort

Iets torring aan my, ek sal dit vermy

Voor my vertrou in jou ineenstort

In die straat wat ek loop

hoor ek die spook

Soos mis en soos rook

Wat my bloed laat kook

My volle verloor

Af van die spoor

Hoor jy die koor

Van almal wat my verhoor

En alles wat is

En alles wat was

En alles wat kom

En al is ons dom

En sien jy die reën

laat groei dit die blom

en sien jy my ween

en sien jy ons kom

En ons gaan, soos mis voor die son

Die geheim is verklap

en die een wat staat maak

se vertroue is vertrap

Hoop.

Hoop

 

Hoekom skryf  ek dit ?

om myself uit te druk

om dinge te verduidelik

om te beskryf wat ek veruklik

 

vind, probeer so goedgesind

wees, verlaat vinnig my vrees

in skrywe: probeer om te genees

myself en ander wat verblind

 

bly staan, almal is so gedaan

van te hard probeer om te verstaan

wat presies om ons aangaan

ons fanatiese wereld is so gedaan

 

Kriminele het ons weg gebaan

waar gaan ons hier vandaan ?

Hoe lank sal ek so alleen bly staan

Kom dat ek weg vee jou traan

 

Het al so ver gehardloop

Wie het die morester gesloop ?

Hoekom het hulle hul laat omkoop ?

Omhels die drastiese dood se doop

 

Ons kan dit maak, ek en jy

Ons kan vrede soek en ophou lei

liefde van jou, liefde van my

Altyd saamwees, ek en jy, albei.  

Poppedans.

Poppedans.

 

As gaos sy septer swaai

Op vrede se troon

As bande van verbintenis

Eidelik verbreek word

As twee ongeregtighede

Gelyk is aan geregtigheid

As die bloed van onskuld

Ge-offer word aan duisternis

As die klok twaalf-uur slaan

Dan gaan die poppe dans.

 

Die Weegskaal.

Die weegskaal

    

Kyk na ons liefde, so mooi soos n roos

Kyk na die meisie, wat so staan en bloos

Kyk na die jong man, so trots soos n leeu

Kyk na die Oudstes in sirkel aan’t skreeu

 

Kyk na die volk, met stomheid geslaan

Kyk na die wereld in kranksin en waan

Kyk na die veldslag, die bloed, pyn en rou

Kyk na die Voorste hy lag in sy mou 

 

Let op die hede – aanskou die toekoms

“Getel, getel, geweeg en gedeel”

Maak jou oe toe – droom

Van n tyd

Wat was